Snor jou antwoord tot sukses

Vanaf Mapie's Funniest Pages
Volgens Die Burger is die snor ‘n antwoord tot ‘n hoer inkomste
Chicago – Tyd om meer geld te verdien? Probeer ‘n snor groei.
Volgens ‘n studie wat deur die finansiële diensverskaffer Quicken en die Amerikaanse Mustache Institute gedoen is, kan ‘n snor ‘n persoon se kanse om ‘n hoër betaalde werk te kry, verhoog.
Die studie het getoon dat Amerikaanse mans wat snorre het gemiddeld 8.2% meer verdien as diegene met baarde en 4.3% meer as geskeerde mans.
Maar dit was nie alles goeie nuus nie. Die studie, getiteld “Saving and Spending Patterns of Mustached Americans”, het ook getoon dat diegene met snorre geneig is om 11% meer te spandeer en 3% minder te spaar as ander mans.
“As die waarde van finansiële bestuur in die nabye toekoms besef kan word… is dit baie moontlik dat ons oor die volgende vier tot vyf jaar sal sien dat Amerikaners met snorre meer gaan begin spaar as diegene met baarde en die wat skeer,” het die navorsingskonsultant Hans Menjou-Bartchen in ‘n verklaring gesê.
Die studie is in die eerste ses maande van 2009 uitgevoer en 2 000 Amerikaanse mans met snorre, 2 000 met baarde en 2 000 geskeerde mans is gebruik.
So chekit as jy nog nie jou snor aan die groei het nie is dit nou die tyd.



October 10th, 2009 at 02:06
haha, jy het weer my punt bewys. Nee wat, ek sal maar volgende jaar kom kyk of jy iets nuut bied. Dis jammer. Aan die begin was dit OK-erig.