Is die ons nuwe interwebs celeb?
So checkit julle onthou nog vir daai zef bra Vernon Koekemoer? Wel maak julle gereed vir the next best thing since H20 se klong.
Die brasse daar by WatKykJy het besluit dat hulle Suid Africa se nuutse superhero Wikus van de Merwe sy eie plekkie op die interwebz gaan gee aangesien sy movie District 9 so groot hit is.
So al julle zef kunstenaars maak bitjie julle kwasse nat en gaan steek daar so postertjie of 2 aanmekaar en stuur dit in vir die Wikus van de Merwe se sait. As jy nie kan steek of kwas natmaak nie kan jy maar altyd bitjie poppekas hou en net die artwork gaan uitcheck.




Leave a Reply