aKING se nuwe album
Die manne van Bellville Rock City het dit weer gedoen met een VanFoKingTastiese album.
Die afgelope paar weke het letterlik duisende fans van die groep se facebook page aangehou dat hulle hoop aKING se nuwe album “Against All Odds” sal byhou by hulle vorige album “Dutch Courage”, selfs oortref.
Persoonlik wil ek net se well done boys, na ek gister een song gehoor het op die radio was ek ekstaties. En volgens die omroeper verteenwoordig daai een song die klank wat deur die hele album gehandhaaf word. Ek het nog nie tyd gehad om by my naaste CD winkel aan te klop nie, maar sal wel nog voor die naweek dit doen. Infact Rhythm Records het aangekondig op hulle twitter page dat hulle vanaf Donderdag die album beskikbaar het op hulle sait gerip teen 320Kbps, dis nou goeie gehalte vir die wat nie die lingo ken nie.
Vir ‘n meer detailed review oor die album gaan besoek gerus Mahala se blog.
Al wat ek verder wil sê is, as jy zef is sal jy hierdie album gaan koop.



Leave a Reply