Een ZEF Band
So checkit ekt op hierdie Zef band afgekom genaamd “Die Zefferband”, hulle is pro Zef en is dus baie tuis op ons sait.
Die band het onstaan deur musikale tydverdryf skuins na 6 met Black label in die hand . Die Zefferband illustreer alledaagse gebeurtenisse en ervarings van ‘n soms onderbewuste middelklas mens, met intieme lirieke en melodiese progressies. Van harde rock, punk, klassieke kitaar konstruksies, gemeng met subtiel tot oorverdowende drom perkussie. Dit het ’n platform geskep vir ‘n definitiewe handelsmerkklank wat die luisteraar bewus te maak van gebeurtenisse om en in ons samelewing. Mag die harde klanke van “Vlak genoeg” jou skud tot in jou siel, mag “Shot my bra” jou verlang na tye wat was en nooit sal wees en mag “Emotioneel verslaaf” jou herhinner aan die rou van vergete gevoelens.
Gaan check gerus hulle Vleisboek blad uit.



April 7th, 2009 at 15:00
Hou verby met die band, wies die lekker chick met bedel bordjie?
April 7th, 2009 at 15:05
gin fokken idee nie, maar sal try uitvind.
April 7th, 2009 at 15:20
Sharp soos pap, as jy uitvind stuur my email adres na haar toe. Sy hoef nie te worry nie, eks maklik
April 9th, 2009 at 23:43
Ek sien sy het `n bordjie met “shot my bra” bedoelende dat `n bra `n dubbelloop slingervel is.
May 13th, 2009 at 08:21
Yes zeffers! Is julle nog opsoek na die Die Zefferband? Daars ‘n nuwe facebook groep. Check dit uit!
http://www.facebook.com/home.php#/pages/Die-Zefferband/12985939380?ref=ts
Ons wil graag ‘n paar Afrikaanse bands reel vir ‘n zef gig. Wat dink julle daarvan ?
Laat weet.
Shot ek sê!
DIE ZEFFERBAND